Robert Duvall

Robert Duvall
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Duvall in 2003.

Geboortenaam Robert Selden Duvall
Geboorte 5 Januarie 1931 (1931-01-05)
Aktiewe jare 1952-tans

Robert Selden Duvall[1] (gebore op 5 Januarie 1931)[2] is ’n Amerikaanse akteur en regisseur. Hy is vir sewe Oscars benoem (waarvan hy die een vir sy spel in Tender Mercies gewen het), sewe Golden Globes (waarvan hy vier gewen het) en verskeie Baftas, Screen Actors Guild Awards en Emmys (waarvan hy een elk gewen het). Hy het ook in 2005 die Amerikaanse Medalje vir die Kunste ontvang.

Duvall het in van die hoogs aangeskrewe en gewildste rolprente en televisiereekse van alle tye gespeel, insluitende To Kill a Mockingbird (1962), The Twilight Zone (1963), The Outer Limits (1964), Bullitt (1968), True Grit (1969), MASH (1970), THX 1138 (1971), Joe Kidd (1972), The Godfather (1972), The Godfather Part II (1974), The Conversation (1974), Network (1976), Apocalypse Now (1979), The Handmaid's Tale (1990) en Falling Down (1993).

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named baltimoresun1977
  2. Jerome, Jim (14 April 2003). "Dance Fever" (in Engels). People. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 16 Junie 2015.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search